100
LOGO

PRO-RISK™ Konsultant

Die Pro-Risk™ Konsultant kan ‘n organisasie van hulp wees om behoorlike omsigtigheid en regulerende verpligtinge na te kom, deur 'n risikogebaseerde benadering as grondslag te vestig met die samestelling en formulering van individuele of spesifieke bestuursbeleide en/of prosedures.

Die PRO-RISK™ Konsultant is 'n ervare onafhanklike vryskutkonsultant wat doelgemaakte bestuursbeleide en prosedures aan kliënte verskaf.

Kundigheidsveld:

  • OHSAS 18001:2007 - Bestuurstelsel vir Beroepsgesondheid- en Veiligheid
  • ISO 45001:2018 - Bestuurstelsel vir Beroepsgesondheid- en Veiligheid: Vereistes
  • ISO 9001:2015 - Kwaliteitsbestuurstelsels: Vereistes
  • ISO 14001:2015 - Omgewingsbestuurstelsels: Vereistes
  • ISO 27001:2022 - Inligtingstegnologie - Sekuriteitstegnieke: Inligting Beveiligingsbestuurstelsels
  • ISO 31000:2018 - Risikobestuur: Riglyne
  • ISO 22301:2019 - Bestuurstelsels vir Besigheidskontinuïteit: Vereistes
  • GFSI Globale Voedselveiligheid Inisiatief
  • ISO 22000:2019 - Bestuurstelsels vir Voedselveiligheid: Vereistes
  • SANS 10049:2019 - Voedselveiligheidsbestuur: Vereistes vir 'n Voedselveiligheidstelsel gebaseer op voorvereiste programme en beginsels vir gevaar-analise en kritieke beheerpunt (HACCP)
  • SANS 10330:2020 - Vereistes vir 'n Gevaar-analise en Kritieke Beheerpunt (HACCP) stelsel
  • PAIA - Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, No. 2 van 2000, en Regulasies (soos Gewysig)
  • POPI Wet - Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, No. 4 van 2013, en Regulasies (soos Gewysig).

Image
Bestuursbeleid

Top Bestuur bepalend van rigtinggewende Beleidsformulering

• Duidelik geformuleerde bestuursbeleide bevestig topbestuur se doelwitte en vestig beleide in die struktuur van die korporatiewe kultuur, wat die kernwaardes van die maatskappy se ideologie en praktyk verteenwoordig.
• Duidelik geformuleerde bestuursbeleide stel topbestuur in staat om beste praktyke in te stel en te verstewig, wat wetlike en ander risikofaktore effektief verminder.
• Duidelik geformuleerde bestuursbeleide omskryf werkplek aanspreeklikheid, wat werknemers effektief in staat stel om meer doelgerig en produktief te wees in die uitvoering van take.

Top Bestuur se bepalende beleidsrigting is die beginpunt vir betekenisvolle nakoming, waar duidelik geformuleerde beleide gekombineer met geskrewe prosedures, slegs tot voordeel en groei van enige onderneming kan wees.

PRO-RISK™

Onafhanklike Vryskutkonsultant

Image

Ben Hefer

Professionele samestelling en formulering van prosedurele beleide, om die doelwit na voortdurende opdatering, verbetering en volgehoue prestasie deur effektiewe geïntegreerde bestuurstelsels, te handhaaf.

Grondige kennis en begrip van 'n wye verskeidenheid wetgewing, regulasies, nasionale en internasionale standaarde.

Samestelling van pasgemaakte spesifieke bestuursbeleide en/of prosedures.