100
Image
Ben Hefer

Beskikbaar as
Risiko Bestuurder
of
AFTREE-OORD
Algemene Bestuurder

Uiters betroubare en self-gedissiplineerde individu met grondige kennis, bewese ervaring en kundigheid in verskeie verwante regulerende wetgewing en nasionale en internasionale standaarde.
Beskikbaar op Aflos, Tydelike, Kontrak of Voltydse basis.
CV op aanvraag.

ERVARINGSVELDE

Kort Samevatting

Vaardighede en vermoëns:
• Middelvlak/senior bestuurservaring opgedoen in verskeie korporatiewe sektore
• Bewese praktiese operasionele risiko-ervaring ten opsigte van risikobepaling (identifikasie, evaluering en analise), risiko behandeling (hiërargie van kontroles)
• Bewese interpersoonlike vaardighede
• Gesonde kommunikasievaardighede
• Bewese administratiewe en organisatoriese vaardighede
• Bewese kundigheid en ervaring t.o.v. Dissiplinêre Verhore (hetsy as Aanklaer of Voorsitterskap)
• Probleem oplossingsvaardighede
• Sterk IT/rekenaarvaardighede
• Formulering en samestelling van bestuursbeleide en prosedures
• Grondige kennis en begrip in/van 'n wye verskeidenheid wetgewing, regulasies, munisipale verordeninge, nasionale en internasionale standaarde
• Bewese ondersoekvermoë (hetsy diefstal, bedrog, inbrake, voertuigongelukke, bedryfsbeserings en ongevalle in die werksplek, versekeringseise-ondersoeke, ens.
• Strafhof, Arbeidshof en KVBA (Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie) blootstelling/ervaring.

Ervaring en kundigheid –
1) Twee keer aangestel as Voorsitter van die Raad van Trustees (span van 15 Trustees) deur die Beheerliggaam by Aftree-Oord (2018-2019 en 2019-2020)
- Aftree-Oord omvat ongeveer 315 wooneenhede en 129 woonstelle, asook ‘n eenheid vir verswakte versorging (20 beddens)
2) Opgetree as Aftree-Oord Bestuurder in 2018 en 2019
3) 7 Jaar SA Polisie Diens
4) 2 Jaar as Hoof van Sekuriteit - Nasionale Sleutelpunt Maatskappy
5) 8 Jaar as Verliesbeheer Bestuurder by korporatiewe maatskappye
6) 8 Jaar as Risiko Bestuurder by korporatiewe ondernemings
7) Formulering en implementering van 'n omvattende Beleidsraamwerk -
• Risikobestuur
• Beroepsgesondheid en Veiligheid
• Rampbestuur
• Brandbeskerming
• Mediese Kliniek
• Voedselveiligheid
• Menslike Hulpbronne
• Kwaliteitsbestuur
• Omgewingsbestuur
• Spoorwegveiligheidsbestuur (i.t.v. Spoorwegveiligheid Reguleerder - Gebeurlikheidsbestuur)
• Inligtingstegnologie
• Besigheidskontinuïteit
• PAIA en POPI Wetgewing
8) 22 Jaar – Stigter en Hoof van die Pro-Risk™ Groep–
- Pro-Risk™ Bestuursdienste {Sept. 1995-Feb. 2014} (Konsultasie t.o.v. Risikobestuur)
- Pro-Risk™ Sekuriteitsdienste {Jan. 1998-April 2012} (Sekuriteitskonsultasie, Uniform Sekuriteitsbeamptes, SIRA Opleiding Sentrum vir Sekuriteitspersoneel
- Pro-Risk™ Veiligheidsdienste {Jan. 1998-Febr. 2018} (Konsultasie t.o.v. Gesondheid en Veiligheid, Opleiding, Jaarlikse Oudits, Voedselveiligheidskonsultante).

Sertifisering (onder andere) -
1) Internasionale Standaarde Sertifisering (QSA Internasionaal)
- Gehalte Bestuurstelsels
- Oudit Tegnieke vir Bestuurstelsels
- Beroepsgesondheid en Veiligheid Bestuurstelsels
2) Sertifisering deur SAATCA (Suid-Afrikaanse Ouditeur en Opleiding Sertifisering Vereniging)
- Hoof Ouditeur ISO 9001 - Kwaliteitsbestuur
- Hoof Ouditeur ISO 14001 - Omgewingsbestuur
- Hoof Ouditeur OHSAS 18001 - Beroepsgesondheid en Veiligheid (relevansie tot ISO 45001)
3) Sertifisering deur Pretoria Technicon (Tshwane Universiteit van Tegnologie) –
- HACCP Voedsel Veiligheid
- Bestuur van Voedsel Higiëne
4) Sertifisering deur die Brand Kollege van die Brandbeskermingsvereniging van SA –
- Gevorderde (Intensiewe) Brandopleiding
5) Sertifisering deur NOSA (Nasionale Beroepsveiligheidsvereniging) –
- Verskeie NOSA-Kursusse, insluitend SAMTRAC en ITIS
- Gesertifiseer om Basiese tot Gevorderde Veiligheidsvlak opleiding te verskaf
6) Gesertifiseerde Graad A-Sekuriteit Diensverskaffer deur die Reguleringsowerheid vir die Private Sekuriteitsbedryf.
7) Verskeie Bestuur- en ander Opleidingskursusse voltooi.

Grondige kennis en werkservaring van toepaslike Wetgewing vir Aftree Oorde:
• Wet op Bestuur van Deeltitelskemas, Nr. 8 van 2011
• Wet op Bestuur van Deeltitelskemas – Bestuursregulasies
• Wet op Bestuur van Deeltitelskemas - Bestuursreëls (Bylae 1)
• Wet op Bestuur van Deeltitelskemas - Gedragsreëls (Bylae 2)
• Gemeenskapskemas Ombud Dienswet, Nr. 9 van 2011
• Gemeenskapskemas Ombud Dienswet – Regulasies
• Wet op Ouer Persone, Nr. 13 van 2006.

Tans in die proses om 'n geoutomatiseerde sagteware-toepassing 'AFTREE-OORD NAKOMINGSOUDIT STELSEL' met Strafpunte en Regstellende Aksie herwinde punte (MS Excel.exe) te finaliseer, m.b.t. die volgende komponente –
• Toepaslike Wetgewing en Regulasies
• Bestuursreëls
• Gedragsreëls
• Sorgsentrum en Nakomingsregulasies
• Diensverskaffers - kwartaallikse assesserings
• Interne beheermaatreëls (Finansiële Bestuur, Menslike Hulpbronne, Risikobestuur, Sekuriteit, Gesondheid en Veiligheid, Rampbestuur, Instandhouding, ens.)
• Oord Bestuurder – 6-maandelikse assessering

Grondige kennis/soliede werkservaring van verskeie Wetgewing en verwante Regulasies:
• Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, Nr. 85 van 1993
• Basiese Diensvoorwaardes Wet, Nr. 11 van 2002
• Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes, Nr. 130 van 1993
• Wet op Arbeidsverhoudinge, No. 66 van 1995
• Wet op Strafprosedures, No. 85 van 1997
• PAIA - Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, No. 2 van 2000, en Regulasies
• POPI-wet - Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, No. 4 van 2013, en Regulasies.

Grondige kennis van verwante SANS en Internasionale Standaarde:
• Nasionale Bouregulasies - SANS 10400
• SANS 10400: Deel T - Brandbeskermingsdienste
• SANS Standaarde met betrekking tot Brandkrane, Brandslange en Brandblussers
• OHSAS 18001:2007 - Beroepsgesondheid en Veiligheidsbestuurstelsel
• ISO 45001:2018 - Beroepsgesondheid en Veiligheidsbestuurstelsels: Vereistes
• ISO 9001:2015 - Kwaliteitsbestuurstelsels: Vereistes
• ISO 14001:2015 - Omgewingsbestuurstelsels: Vereistes
• ISO 27001:2022 - Inligtingstegnologie – Sekuriteitstegnieke: Inligting Sekuriteit Bestuurstelsels
• ISO 31000:2018 - Risikobestuur: Riglyne
• ISO 22301:2019 - Bestuurstelsels vir Besigheidskontinuïteit: Vereistes
• GFSI Globale Voedselveiligheid Inisiatief
• ISO 22000-2019 - Bestuurstelsels vir Voedselveiligheid: Vereistes vir enige Organisasie in die Voedselketting
• SANS 10049:2019 - Voedselveiligheidsbestuur: Vereistes vir Voorvereiste Programme (PRPs)
• SANS 10330:2020 - Vereistes vir 'n Voedselveiligheidstelsel gebaseer op Voorvereiste Programme en Gevaar-analise en Kritieke Beheerpunt (HACCP) beginsels.