Pro-Risk.co.za is daartoe verbind om, in lyn met die POPI wetgewing, die persoonlike inligting en privaatheid te beskerm van alle besoekers en deelnemende of ingeskrewe persone wat hierdie webwerf besoek of korrespondeer met Pro-Risk.co.za, of artikels, ens. vir plasing verskaf.
Pro-Risk.co.za gebruik webwerf koekies om seker te maak dat jou interaksie met ons webwerf flink verloop. Webwerf koekies is geldig vir 30 dae en word dan hernubaar.
Tydens hierdie verkenning en lees van die webwerf se onderskeie onderwerpe, word daar geen private of persoonlike data-inligting ingesamel of geprosesseer nie.
Besoekende data onderwerpe se toestel wat met die internet koppel, se IP-adres mag wel moontlik geidentifiseer word.
• 'n IP-adres is 'n unieke adres wat 'n toestel op die internet of 'n plaaslike netwerk identifiseer. IP staan vir "Internet Protocol", wat die stel reëls is wat die formaat van data wat via die internet of plaaslike netwerk gestuur word, reguleer.
Wanneer 'n data onderwerp Pro-Risk.co.za se E-pos Boodskap vorm voltooi, met of sonder die keuse om 'n dokument op te laai, word die data onderwerp se toestel se IP Adres, persoonlike data bevattende Naam en Van, asook 'n geldige e-pos adres, ingesamel en geprosesseer.
Sodanige persoonlike inligting word slegs gestoor vir wedersydse kommunikasie doeleindes. Die data onderwerp het die reg om skriftelik te versoek dat sy of haar persoonlike inligting gewysig of verwyder moet word vanaf Pro-Risk.co.za se databasis.
Pro-Risk.co.za sal nooit data onderwerpe se e-pos adresse wanaanwend of misbruik nie.
Pro-Risk.co.za word beskerm deur wêreldklasleiers ESET Security en Wordfence teen die jongste aanvalle en sekuriteitskwesbaarhede, wat intydse eindpunt-bedreigingsintelligensie verskaf ten opsigte van antivirus-, brandmuur- en wanware-sekuriteitsbeskerming.
Hierdie privaatheidsbeleid vorm 'n integrale deel van die gebruiksbepalings van hierdie webwerf.
Pro-Risk.co.za behou die reg voor om die privaatheidsbeleid van tyd tot tyd te wysig.